Persone wat by NG Doringkruin wil inskakel, kan ‘n verteenwoordiger van die Gasvryheidsbediening by die Inligtingstoonbank na afloop van ‘n erediens ontmoet. Kom geniet gerus ook ‘n lekker koppie koffie of tee ná die erediens in die vierkant of kontak die Kerkkantoor.
Kotie het ‘n hart en roeping vir jongmense, van 3 tot 18 jaar. Haar fokus is op effektiewe jeugbediening sodat kinders van alle ouderdomme tuis sal voel in die gemeente en geesvervulde jongmense op pad met Jesus opgerig kan word.
Tel: 018 468 1280
Sel: 082 788 0747
jeug@ngdoringkruin.co.za
Carlien fokus op die interne en eksterne kommunikasie van NG Doringkruin en glo die Vader het haar in haar pos geplant om vrug te dra en om vir Hom en ander tot seën te wees.
Tel: 018 468 1280
Maandag – Vrydag: 08:00 – 13:00
kommunikasie@ngdoringkruin.co.za
Estelle gebruik die gawes waarmee die Vader haar geskep het om kerksake vanuit die kerkkantoor te bedryf. Sy sien dit as haar roeping en deel die visie van die gemeente dat lidmate Jesus vir die wêreld moet word.
Tel: 018 468 5002
Dinsdag – Vrydag: 08:00 – 13:00
admin@ngdoringkruin.co.za
Tia sien toe dat enige toerusting en die lokaal wat vir gebeure by die kerkgebou benodig word in ‘n werkende toestand gehou word en netjies is. Sy streef daarna om altyd vriendelik en toeganklik te wees.
Sel: 083 490 2924
eiendomme@ngdoringkruin.co.za
Die Kerkraad vergader kwartaalliks en is saamgestel uit die leraars asook die vyf diensgroepe en twaalf bedienings se koördineerders/ouderlinge met opdrag.
Ds Lombard van Niekerk dien as leierleraar van die gemeente en is die voorsitter van die Kerkraad. Hy word ondersteun deur twee vise-voorsitters wat deur die Kerkraad aangewys is, naamlik ds Marike Jacobs en br André van Staden (leierouderling). Die uitvoerende bestuur van die gemeente word behartig deur die leierleraar en 'n kontrak-bedryfsbestuurder, Me Janet van der Merwe.
'n Diensgroepforum ondersteun die uitvoerende bestuurspan in strategiese besluite. Hierdie forum bestaan uit die Diensgroep-ouderlinge, verkose Kerkraadslede en die leraars en vergader kwartaalliks. In opdrag van die Kerkraad oorsien die Diensgroepforum die doeltreffende uitvoering van die Gemeente se finansiële, administratiewe en operasionele aktiwiteite, met aanbeveling na die Kerkraad.
Diensgroepe is werkgroepe van die Kerkraad wat toesien dat beste praktyk toegepas word rakende finansies en administrasie, kommunikasie, eiendomme, diensverhoudinge en die diakonie. Diensgroepe tree in ‘n adviserende hoedanigheid op en staan onder die mentorskap van die leierleraar.
Bedieninge is die struktuur waardeur gemeentelede hul gawes prakties aanwend om medegelowiges in liefde te dien en Jesus vir die wêreld te gaan wees. Die gemeente se leraars tree onderskeidelik op as mentor vir die twaalf bedieninge.
Die onderstaande organogram verduidelik die bestuurs- en bedieningstruktuur. Kliek hier
Kliek hier
Maandag – Vrydag: 08:00 – 13:00
H/v Boekenhout- en Knoppiesdoringstraat
Doringkruin
Tel: 018 468 5002
Ds. Lombard van Niekerk
Leierleraar
Sel: 082 785 7463
lombard@ngdoringkruin.co.za
Ds. Marike Jacobs
Sel: 072 379 6069
marike@ngdoringkruin.co.za
Ds. Werner Nel
Sel: 073 073 4357
werner@ngdoringkruin.co.za
Opnames van eredienste is beskikbaar, skakel Johan Landman by 083 599 6762 of kyk onder die skakel “Preke” om daarna dit te luister of om dit in mp3 formaat af te laai.
Handleiding vir doopvoorbereidingsgesprekke
Hierdie is ‘n interaktiewe PDF wat u op u rekenaar kan save en kan in vul. Die vorm moet asb. onderteken word voordat u dit e-pos na admin@ngdoringkruin.co.za
Hierdie is ‘n interaktiewe PDF wat u op u rekenaar kan save en kan in vul. Die vorm moet asb. onderteken word voordat u dit e-pos na admin@ngdoringkruin.co.za
Hierdie is ‘n interaktiewe PDF wat u op u rekenaar kan save en kan in vul. Die vorm moet asb. onderteken word voordat u dit e-pos na admin@ngdoringkruin.co.za
Meld asseblief ook een Sondag by die Inligtingstoonbank aan vir jou of jou gesin se verwelkomingsgeskenk.
Deur jou maandelikse bydrae aan
NG Doringkruin toe te vertrou, stel jy die Gemeente in staat om met verantwoording toe te sien dat bediening optimaal geskied op elke vlak, gelowiges in nood versorg word en die koninkryk uitgebrei word. Verskeie bydrae-opsies is beskikbaar:
• Doen ‘n EFT-betaling
• Reël ’n aftrekorder by jou bank:
ABSA Bank, Tjekrekening: 950 157 992
Takkode: 334 338
Naam van rekening: Ned. Geref. Gemeente Kldrp. Doringkruin
Verwysing: Meld asb. jou van as verwysing
Deur jou maandelikse bydrae aan
NG Doringkruin toe te vertrou, stel jy die Gemeente in staat om met verantwoording toe te sien dat bediening optimaal geskied op elke vlak, gelowiges in nood versorg word en die koninkryk uitgebrei word. Verskeie bydrae-opsies is beskikbaar:
• Doen ‘n EFT-betaling
• Reël ’n aftrekorder by jou bank:
ABSA Bank,
Tjekrekening: 950 157 992
Takkode: 334 338
Naam van rekening:
Ned. Geref. Gemeente Kldrp. Doringkruin
Verwysing: Meld asb. jou van as verwysing