
Jeanette Moll
Sel: 072 589 5350
jeanetteras6@gmail.com
Vrouebediening: Hou die Kompas en kerkkalender dop vir spesiale geleenthede vir die skoner geslag.
TOEWYDING: Die Vrouebediening se tema is: Vrou wees, Tyd. Ons maak tyd met geleenthede wat ons skep om elke vrou in die gemeente geestelik te laat groei. Die twaalf vroue in die bediening het ʼn passie om Jesus se hande en voete te wees. Ons lag, kuier, bid vir mekaar, is lief vir mekaar en werk heerlik saam.
ONS VERWELKOM: Ons verwelkom graag enige vrou wat in haar hart oortuig is dat die Here haar geroep het om ʼn verskil saam met ons te maak. Ons het ʼn Vroue-wat-omgee “broadcast”-groep gestig waarmee ons poog om alle vroue in die gemeente by aktiwiteite betrokke te kry.
GELEENTHEDE: Die Vrouebediening is besonder aktief. Ons bied jaarliks ʼn verskeidenheid geleenthede aan: Vrouekonferensie, Potjiekos-fondsinsameling, Vroueverrykingsaande, Vrouekamp by Inyala Lodge en kuier-oggende met bekendes of plaaslike sprekers. Ons het ʼn Vrouebybelstudie elke Woensdag oggend om 09:00 en om 18:00. Ons het ʼn uitreik waar ons kombersies hekel, brei of maak en aan minderbevoorregtes skenk. Verder bedien ons die gemeente elke Sondagoggend met tee en koffie, voor en na die Eredienste. Die Vrouebediening bedien sop en broodjies met Pinkster-reekse, bedien fynproeweretes en verversings by Ring of Sinode besoeke, Kerkraadsvergaderings, Belydenisaflegging van Katkisante en ook met ons jaarlikse Kerssangdiens. Die Vrouebediening het ook ʼn Resepteboek uitgegee. Daar is ook blomme- en dekorspanne wat die Sentrum versier vir enige geleentheid.